Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Rusland |
Federale distrik | Noordwestelike |
Federale subjek | Sint Petersburg |
Koördinate | 60°00′N 29°46′O / 60.000°N 29.767°O |
Stigting | 18 Mei 1704 |
Stadstatus | 1704 |
Bevolking: | |
- Totaal (2010) | 43 005 |
Tydsone | UTC +4 |
Amptelike Webwerf | old.gov.spb.ru |
Kronstadt (Russies: Кронштадт; Kronsjtadt; «Kroonstad») is 'n versterkte Russiese hawestad op die eiland Kotlin in die oostelike deel van die Golf van Finland. Kronstadt is tans 'n administratiewe distrik van Sint Petersburg en sowat 30 km wes van die middestad geleë. Volgens die 2010-sensus het die plek 'n bevolking van 43 005.
Kronstadt is een van Sint Petersburg se belangrikste hawens. 'n Basis van die Oosseevloot is ook hier geleë. Ortodokse Christene onderneem gereelde pelgrimstogte na die stad. Toere per bus en boot word daagliks van Sint Petersburg na Kronstadt onderneem.
In 1990 is die historiese middestad en die verskeie vestings deur Unesco as deel van Sint Petersburg se wêrelderfenisgebied gelys.
In Maart 1921 het die Kronstadt-rebellie hier plaasgevind.